Die Wiel Draai
Die geroeste Golfie loop stadig, toe dit oor die bult kom, is die dorp uiteindelik daar … Carnarvon. Lienke trap rem. Sy sug diep: Is dit regtig nodig dat ek dit moet doen?
Sy byt op haar tande en ry stadig in die dorp in. Die eerste
wat haar oog vang, is die CAO nommerplate. Die trane loop af teen haar wange.
Sy ry stadig die dorp in, haar hart is gebreek toe sy kyk
na haar ou skool kyk waar vriende en vyande gewoon het. Sy moet net doen wat sy
moet doen, in by die Adelphi-koffiewinkeltjie en verduur wat seker gaan gebeur.
Vrydagoggend en die tannies ontmoet daar vir hul
weeklikse skindertye. Sy stap in en kyk na haar voete. Almal kyk op. Tannie
Ansie fluister. “Kyk daar, dis daai aaklige Lientjie. Wat maak sy nou hier?”
Lank
gelede het Piet en Johan Smit op buurplase geboer, broers wat mekaar gehaat
het.
“Lienke, staan op! Dis al tienuur!” skree Piet.
“Jaa, Paa, maar ek het niks om te doen nie.”
“Jy moet my help om die skape in die stal te kry. Kom nou
en gou ook!”
Sy staan op, trek aan en loop na die stalle toe. Soos
altyd vee sy haar trane af toe sy weer op die klip lees: Johanna Susanna Smit, 1 November 1972 – 15 Januarie 2021. Sy
fluister weer. “Ai, Mamma, hoekom is jy so vroeg weg?”
Sy
kom by die stal, Piet vat weer 'n lang sluk uit die blikkie in sy sak, “Lienke,
kry vir ons die ramme in daai hoek en die ooie hier, dat ons hulle kan inspuit.
Kom kry lewe, man!”
Dit word aand. Piet braai weer. Die tweede bottel
Klippies is amper leeg.
Lienke haal diep asem en loop stadig na hom toe. “Pappa,
hoekom drink Pappa so baie? Hoekom raas Pappa altyd op my?”
Piet suig aan die Stuyvesant en kyk net weg.
“Asseblief Pappa, ons kan nie so aangaan nie.”
Hy gooi die sigaret in die vuur en die bottel stukkend
teen 'n klip en stap stadig na haar toe. Vir die eerste keer in jare hou hy
haar styf vas.
Hy ruk van die snikke en sy trane drup op haar skouers: “My
liewe Lienke, jy is 'n engel. Ek mors met alles ...”
Piet huil en huil. “Dit was ons plaas. Ek en Oom Johan
was nog kinders toe hy boelie hy my. Hy was groot en sterk en drie jaar ouer.
As Oupa Jan weg was moes ek wegkruip anders het hy my geslaan. Ouma was dood
toe ek vier was. Toe besluit Oupa as ons groot is, oom Johan die groot plaas
kry met die rivier en boorgate gaan erf en ek kry net hierdie klein deel agter
die koppie. 'Piet, jy is te dom om te boer, ek vertrou jou nie!’
Ek en mamma getroud en het in die klein huisie sonder
krag en water gebly en jou grootgemaak.
Jou neef Koos het ons kragdrade afgesny en die bakkie se taaiers
met 'n byl stukkend gekap. Lienke, ek het alles met jou verkeerd gedoen en was
nooit 'n pa vir jou nie ...”
“Pappa, kom ons vergeet van gister, kom ons wees lief vir
mekaar en verander alles!”
Hulle hou mekaar vas en vee trane oor en oor af. Niks hier
op Platfontein was ooit weer dieselfde nie.
Die tyd gaan verby en hulle kon vrede en word
weer lief vir mekaar. Toe is hy ook oorlede nadat hy met sy bakkie in ʼn gat net
na die hek by oom Johan se grens gery het en die bakkie het omgeslaan. Waar het
die gat skielik vandaan gekom?
Die
mense van die kinderhuis in Beaufort-Wes het gekom. “Lienke, jy is in standerd
ag? Ons sal nou na jou kyk en jou versorg.”
Sy
het darem matriek net-net klaar gemaak en begin werk by Beaufort se Spar. Sy
wonder weer en weer, wat het van Platfontein geword? Terwyl sy goed op die
winkelrak pak kom daar ʼn man in ʼn swart pak klere. “Is u Juffrou Smit?”
“J... ja, Meneer
...”
“Ek is die balju van die streekshof. Hier is vir u 'n
dokument om te lees en te teken dat jy dit verstaan het. Ek is oor vyf minute
terug om dit te kom haal.”
Sy maak dit bang oop en lees saggies agter die toonbank.
“Geagte Mejuffrou L. Smit, hiermee word u in kennis gestel dat daar foute in
die oordragrekords was en dat die plaas Platfontein deur u oupa aan u neef,
Meneer Jakobus Smit, laat erf het. Alle eienaarskap aan u word nietig
verklaar.”
Sy praat met haarself. “Koos die vuil vark. Ek gaan hom
bykom!”
Sy word elke dag wakker met kwaad in haar. Hoe gaan sy aanslag
maak met Koos en Oom Johan oor wat hulle gedoen het? Sy besluit nrt, ek vat verlof
en Carnarvon te ry en met die ou mense te praat en hull idees kry.
Sy
stap in by die Adelphi-koffiewinkel, kyk weg van die tannies af en gaan sit
eenkant en kyk net na haar voete. 'n Tikkie op haar skouer, sy kyk bang om,
grys, vol plooie en 'n breë glimlag. “Liewe Lienketjie, dis so mooi om jou weer
te sien!”
Die trane loop. “Oom Japie!”
Die tannies fluister agter hulle hande, maar hy gee haar
'n drukkie en kom sit by haar.
“My kindjie, dis goed om jou te sien. Ek gaan elke week en
huil by jou pappa se graf. Pieter was my enigste en grootste vriend. Ek is
jammer oor wat hy moes loop.”
“Oom, kom ons gaan sit in die park weg van die tannies en
dan help oom my.”
Hulle stap af in die straat en tot onder ‘n bloekomboom,
“Lineke vertel my alles?”
Sy praat en praat amper ‘n uur oor die wrede tye op
Platfontein en wat oom johan en neef Koos gedoen het. En toe die brandewyn haar
papa met alles na Mamma se dood oorheers het.
“Lienke, onthou ek was meer as dertig jaar die
posmeester, ek weet wat in die dorp aangaan. Pappa Piet was my grootste vriend
en ek is saam met jou in die nagmerrie, ons sal nie opgee nie, hulle sal boet
vir wat hulle gedoen het.”
“Wat nou, Oom?”
“Laat ek diep dink en jy kom oor ʼn week weer hierheen en
dan maak ons saam ʼn plan, hulle sal verniel word ek belowe jou!”
Dis ʼn
week later en Lienke kom weer in Carnarvon aan en wag vir Oom Japie by die
bloekomboom, sy is skaars daar toe kom hy op sy brullende Vespa daar aan. “Hello
Lienke, baie dankie dat jy gekom het.”
“Oom is ‘n ster in my lewe! Wat stel
oom voor doen ons?”
“Jy sal dit nie glo nie. Ek het met die tannies by
Adelphi gepraat oor jou. Hulle het planne. Kom!”
Opgewonde spring sy agter op die Vespa en
daar gaan hulle! Parkeer voor Adelphi. Sy kyk in die truspieëltjie en druk haar
verwaaide hare mooi plat. “Kom my kind, en hou jou asem op.”
Die
tannies met hul rûe na die deur. “Goeie more, dames!” roep Japie. Hulle kyk nah
om en lag. “Dis my voorreg om Lienke saam te bring. Sy gaan haar hele
lewensverhaal vertel. Dan besluit ons saam hoe nou.”
Lienke bly eers stil toe begin sy huil. Tannie Susan staan
op en hou haar styf vas. “Liewe Lienkie ons is aan jou kant. Vertel ons alles.
Ons gaan help, ek belowe.”
Lienke kyk na haar voete en begin stadig die
verhaal van verniel en uitbuiting deur haar oom en sy familie op hulle. Mamma
en Pappa se onverwagte dood en hoe hulle nou die grond gesteel het.
“Lienkie,
ons moet hulle gaan opvoeter, Dames help ons met hoe ons dit gaan doen!” sê oom
Japie.
Daar
is ʼn lang stilte toe kyk tannie Susan
op, “Liewe vriende, Japie jy en Lienke is ook nou vriende in ons groep!”
Almal
glimlag en vee hul trane af. Susan kyk op, “Daar is een ding wat so saak maak,
my dierbare Erik wat het baie mooi dinge vir my agtergelaat oor dit.”
Tannie
Herma steek haar hand op: “Susan, Dominee Alheit was die wonderwerk in ons
lewens, ek luister!”
“Erik
het een mooi ding vir my agtergelaat, ‘As twee olifante baklei bly net die
vertrapte gras agter …’ om te baklei beteken niks.”
Daar is ʼn
lang stilte en sy vertel verder: “Klein Koos en sy pa Johan moet seerkry
en leer, maar as alles verby is moet hulle ook ons vriende wees.”
Almal bly stil, kyk na hul tone en Oom Japie
kyk op. “Herma, sy is reg hulle moet bloei en leer en dan moet ons vrede maak!”
Lienke kyk net weg, in haar hart is net een ding, wraak!
Hoe nou, almal word stil, toe kyk Tannie
Annemarie op, “Outjies ek het ʼn plan!”
Hulle
bly almal doodstil …
Die tye loop aan, vreemde dinge gebeur by
Knorfontein, ou Johan en Koos verstaan dit nie. Oornag is daar ’n pragtige bos
mooiste blomme op Tannie Angela se graf. Koos draf daarheen en glo dit nie, op
die mooi brief staan: Liewe Koos en Johan, ek kyk elke dag af op julle en
verlang vir julle, kyk mooi na julself en help ander. Al my liefde, Mamma
Angela.
Briewe word ingeskuif, “Liewe outjies ek sal
oor en oor vir julle help en idees deel, is julle met my? Groete xxx”
Koos roep vir Johan toe die son sak, “Pa, ek
kyk terug en wonder oor die briewe. Soveel om voor kwaad te wees vir Ma se
familie wat ons geld steel en haar gedryf het om haar self dood te maak. Toe haal ons dit uit op Oom Piet en
Lienke.”
Johan antwoord:, “Jy is so reg en ons moet
net onsself blameer, wat nou?”
Die twee kyk vir mekaar en weet nie wat nie,
toe die volgende brief, “UITNODIGING Piet en Johan ons nooi julle vir ʼn lekker
kuier in die Alheit!”
“Wat
nou, sal ons gaan?”
“Pa kom ons doen dit …”
Koos
en Johan stap bang tot by die Alheit en maak die deur saggies oop, dis
kerse en balle en die tannies staan volkleuring aangetrek en juig, “Hallo
ouens!”
Die
partytjie loop mooi aan en selfs sjampanje borrel in hul glase. Tannie Susan staan
op, “Liewe dames en menere draai na die kombuisdeur!”
Die deur gaan oop en saggies stap hulle in,
Piet en Lienke. Koos en Johan en glimlag breed!
Lienke
staan effe nader, “Oom Johan en Koos, luister mooi na my, om foute te maak, is
menslik, om te vergewe is goddelik, ons vergewe julle …”
Johan
kyk na Lienke, “Liewe Lienke jy is ʼn Engel, Piet jy is ʼn anker in ons lewens,
geen woorde kan julle ooit bedank wat julle vandag vir ons beteken nie.”
Koos
huil en fluister, “Ek is so jammer …ek vat julle hande en ons gaan saam deur
die sterre gaan!”
Die wiel draai, tien jaar later is die ooms
al baie oud en kuier amper elke dag saam, Lienke se slim man weet alles van
besigheidsbestuur en Koos se liewe Elsa laat almal lag. Knorfontein en
Platfontein is een besigheid en derduisende rande stroom in vir hul wenner
Merinos wat oor die aardbol vir miljoene dollars verkoop word!

Opmerkings
Plaas 'n opmerking