Drie vingers wys terug
‘Kom ons twee gaan die kalfie soek, ons tweetjies, ek en jy … en ons moet niks versuim, want as die kalfie buite bly, sal hy vannag verkluim … Hy is binne kant nog warm ... Inkosi het die nonnatjie gebêre in Sy arm. Hy het haar met Sy kleed bedek ... Sy voel nie meer die kou. Sy het al haar kleertjies uitgetrek. Die Kleinbaas te behou!’ Die trane loop weer Sara se wange as sy die amper tweehonderd jaar oue gediggie van AG Visser weer en weer lees terwyl sy oor die dorre landskap kyk. Dis ons liefling taal op sy heel mooiste! Sy sug weer diep, hoekom is dit nog so lank voor ons kan huis toe gaan? Elke dag is dit net slegter hier op Titan. “Kry julle in rat! Hoekom moet ek so met julle sukkel?” skree Jonathan voor hy die kajuitdeur agter hom toe klap. Die span kyk na mekaar en fluister. “Wat nog tog weer?” Jonathan word al meer ongeduldig, niks is meer reg nie en die span weet nie meer watter kant toe nie en buite dans die dorre klipkoppies in die vreeslike hitte....