Plasings

Drie vingers wys terug

Prent
  ‘Kom ons twee gaan die kalfie soek, ons tweetjies, ek en jy … en ons moet niks versuim, want as die kalfie buite bly, sal hy vannag verkluim … Hy is binne kant nog warm ... Inkosi het die nonnatjie gebêre in Sy arm. Hy het haar met Sy kleed bedek ... Sy voel nie meer die kou. Sy het al haar kleertjies uitgetrek. Die Kleinbaas te behou!’  Die trane loop weer Sara se wange as sy die amper tweehonderd jaar oue gediggie van AG Visser weer en weer lees terwyl sy oor die dorre landskap kyk. Dis ons liefling taal op sy heel mooiste! Sy sug weer diep, hoekom is dit nog so lank voor ons kan huis toe gaan? Elke dag is dit net slegter hier op Titan.  “Kry julle in rat! Hoekom moet ek so met julle sukkel?” skree Jonathan voor hy die kajuitdeur agter hom toe klap. Die span kyk na mekaar en fluister. “Wat nog tog weer?”  Jonathan word al meer ongeduldig, niks is meer reg nie en die span weet nie meer watter kant toe nie en buite dans die dorre klipkoppies in die vreeslike hitte....

Die Wiel Draai

Prent
  Die geroeste Golfie loop stadig, toe dit oor die bult kom, is die dorp uiteindelik daar … Carnarvon. Lienke trap rem. Sy sug diep: Is dit regtig nodig dat ek dit moet doen? Sy byt op haar tande en ry stadig in die dorp in. Die eerste wat haar oog vang, is die CAO nommerplate. Die trane loop af teen haar wange. Sy ry stadig die dorp in, haar hart is gebreek toe sy kyk na haar ou skool kyk waar vriende en vyande gewoon het. Sy moet net doen wat sy moet doen, in by die Adelphi-koffiewinkeltjie en verduur wat seker gaan gebeur. Vrydagoggend en die tannies ontmoet daar vir hul weeklikse skindertye. Sy stap in en kyk na haar voete. Almal kyk op. Tannie Ansie fluister. “Kyk daar, dis daai aaklige Lientjie. Wat maak sy nou hier?”   Lank gelede het Piet en Johan Smit op buurplase geboer, broers wat mekaar gehaat het. “Lienke, staan op! Dis al tienuur!” skree Piet. “Jaa, Paa, maar ek het niks om te doen nie.” “Jy moet my help om die skape in die stal te kry. Kom nou en...

Die Spieël

Prent
  “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die lelikste in ons land?” mompel Willem weer as hy dink aan die onsin wat in die dorp weer aan die gang is. Hy sit in sy vuil woonstellietjie waar hy nou al vyftien jaar alleen oorleef. Op die lessenaar is die pak vraestelle van die graad tiens se geskiedenis eksamen wat hy voor môre moet klaar merk anders gaan ou Piet hom weer voor die ander onderwysers uitskel. Die lewe is hel! Dan daardie Marie vroumens met haar gifbek wat voor almal in die kerkraad sal verkondig, “Liewe dames en menere en veral Meneer Piet, ons het juis gisteraand weer by die koöperasie se stoorkamer saam met Jan gaan kyk na daardie oeroue vuil spieël wat daar in die badkamer hang. Julle sal my nou nie glo nie, ek sien presies wat gebeur het in die konsistorie met die nagmaal wyn!”   Hy dink diep, wat is dan verkeerd, seker oorlede Pa wat na ma se dood oral met vroumense hier in Klipfontein flankeer het en hulle mans woedend gemaak het? Net daar lui...