Die geroeste Golfie loop stadig, toe dit oor die bult kom, is die dorp uiteindelik daar … Carnarvon. Lienke trap rem. Sy sug diep: Is dit regtig nodig dat ek dit moet doen? Sy byt op haar tande en ry stadig in die dorp in. Die eerste wat haar oog vang, is die CAO nommerplate. Die trane loop af teen haar wange. Sy ry stadig die dorp in, haar hart is gebreek toe sy kyk na haar ou skool kyk waar vriende en vyande gewoon het. Sy moet net doen wat sy moet doen, in by die Adelphi-koffiewinkeltjie en verduur wat seker gaan gebeur. Vrydagoggend en die tannies ontmoet daar vir hul weeklikse skindertye. Sy stap in en kyk na haar voete. Almal kyk op. Tannie Ansie fluister. “Kyk daar, dis daai aaklige Lientjie. Wat maak sy nou hier?” Lank gelede het Piet en Johan Smit op buurplase geboer, broers wat mekaar gehaat het. “Lienke, staan op! Dis al tienuur!” skree Piet. “Jaa, Paa, maar ek het niks om te doen nie.” “Jy moet my help om die skape in die stal te kry. Kom nou en...