Drie vingers wys terug
‘Kom ons twee gaan die kalfie soek, ons tweetjies, ek en jy … en ons moet niks versuim, want as die kalfie buite bly, sal hy vannag verkluim … Hy is binne kant nog warm ... Inkosi het die nonnatjie gebêre in Sy arm. Hy het haar met Sy kleed bedek ... Sy voel nie meer die kou. Sy het al haar kleertjies uitgetrek. Die Kleinbaas te behou!’
Die trane loop weer Sara se wange as sy die amper tweehonderd jaar oue gediggie van AG Visser weer en weer lees terwyl sy oor die dorre landskap kyk. Dis ons liefling taal op sy heel mooiste! Sy sug weer diep, hoekom is dit nog so lank voor ons kan huis toe gaan? Elke dag is dit net slegter hier op Titan.
“Kry julle in rat! Hoekom moet ek so met julle sukkel?” skree Jonathan voor hy die kajuitdeur agter hom toe klap. Die span kyk na mekaar en fluister. “Wat nog tog weer?”
Jonathan word al meer ongeduldig, niks is meer reg nie en die span weet nie meer watter kant toe nie en buite dans die dorre klipkoppies in die vreeslike hitte. Sara kyk maar weer na die tablet voor haar: Sy voel nie meer die kou. Sy het al haar kleertjies uitgetrek, die Kleinbaas te behou!
Jonathan stap in en skree weer. “Ons moet ons reg kry vir die ruimtegoewerneur en julle sit net hier rond. Ag nee man!”
Sara kyk na hom. “Maar Jonathan, alles is perfek reg, ons werk elkeen meer as vyftien ure per dag en ons het die meeste punte van al die basisse, wat kort dan nog?”
“Bly stil!” skree hy. “Julle hopeloos, kom reg of ek verplaas julle almal Lapetus toe. Daar sal jy sweet en jy sal heeldag ʼn masker moet dra om asem te haal! Peter, jy doen vir ons die skottelantennas. Maak dit silwerskoon en kyk na elke koppeling, Alfonso jou werk is die rioleringstelsels, ek soek nie ʼn geur nie, hoor jy vir my!”
Hy vee verder op die tablet en deel opdragte een na die ander uit. Die woord ‘asseblief’ bestaan nie meer nie. "En jy Sara, vat die Jeep en gaan daarmee tot by die buitebasis en maak seker dat die plek silwerskoon is en alles werk. Wag tot net tot dit koeler is anders kom jy iets oor en dan is dit mos weer my skuld.”
Hy draai om en klap die deur agter hom toe.
Sara bly liewer weer stil en wonder
hoe sy iets moois van alles kan maak. Hoe kan sy Jonathan verander? Gelukkig
hier op Titan is dit darem die enigste ander plek in die sonnestelsel waar mens
ook kan asemhaal, al sukkel dit.
Die reuse sirkels van Saturnus draai stadig om hulle, die groep kyk na mekaar
en sug diep. Een vir een staan hul op om die onsinnige werk te gaan doen.
Jonathan val neer die bank in sy eenheid, vroetel in die laai onder en haal die laaste bottel uit wat nog oor is sedert hy hier aangekom. Druk dit in sy mond en sluk alles in, hy gooi die bottel teen die muur en dit breek in stukke.
Soos altyd dink hy terug aan sy kinderdae daar in Ierland op die aaklige Aarde planeet. Hy ruk weer die ou joernaal van sy oupagrootjie uit en mompel hardop wat hy daar lees. “Ek gaan die Engelse nog opvoeter, nou net almal hier op my Facebook blad kry en dan doen ons dit!”
Wat is Facebook? Ai die vreemde onnosel dinge van amper een honderd jaar gelede. Hy begin insluimer en sien weer sy dronk pa wat hom weer en weer slaan en ma wat net weg kyk. Almal vertel vir hom daar in Dublin hoe lelik en dom hy is. Hy het by die weermag aangesluit met net een doel, om die Engelse te gaan verwoes. Toe studeer tot die dubbele doktorsgraad in ruimte weermag dinge.
Nou hier lekker vêr weg van daai spul. Al wat hom so irreteer is die bemanning
hier wat hom ook oor en oor lelik aankyk. Daai Sara vroumens is die ergste want
oor en oor, “Outjies kom ons help weer vir Jonathan en hou aan sorg dat hierso
perfek reg is, dankie dat julle almal so oulik is!”
Sara trek die dunste oorpak aan, vandag gaan dit baie warm wees en gaan sit in
die oulike plat voertuig wat amper soos ʼn vuurpyl lyk. Dit sweef bo die grond
sonder wiele teen ‘n vreeslik spoed en sal by die buitestasie wat meer as
driehonderd oudtydse kilometers is in minder as twee ure bereik!
Hoekom op aarde noem hulle dit Jeep wonder sy weer, waar kom die snaakse oulike woord vandaan? Sy druk die knoppie en die voertuigie vertrek in ʼn wolk stof op die reis na die buitestasie en sy praat met haarself. “Dankie tog, nou kan ek darem alleen wees weg van die knorrige spul!”
Sy sit heerlik agter oor terwyl die Jeep dit self bestuur. Uiteindelik na twee ure is die buitestasie met sy klomp antennas voor haar, dit is nog bitter warm en mens amper nie glo dat dit oor ʼn paar ure amper minus een honderd grade sal wees!
Sy neem die toerusting en werk vinnig van sensor tot sensor. Sulke groot skottels en die robotjie help mooi en kruip heen en weer en doen al die werk. Die son skyn van vêr af helder en alles is pragtig. Die Jeep het dit self afgeskakel en het stadig neergesak tot op die sand en lyk asof hy lekker slaap!
Sy geniet elke oomblik om na die wonderlike tegnologie te kyk wat hulle hier
van Titan af koppel met die ou Aarde. Dit sou so lekker wees as sy nou met Oupa
kon gesels en Boela se stert kan laat swaai! Gou-gou is alles gedoen en daar is tyd om lekker te ontspan. Sy gaan lê heerlik
op die sand en kyk ver die diepte in, in die lug is die reuse Saturnus ringe te
mooi, “Waar is ons blou planeet en die Vrystaat? Waar is oupa Kobus en die
dierbare Boela vandag?”
Sy sluimer heerlik in en droom van die oop vlaktes, die merinos wat wei en die
kokerbome op oupa se plaas. Boela wat voor haar staan, sy stert swaai en vra
dat sy die bal weer moet gooi!
“Beeep! Beeep!” Sy ruk wakker, die Jeep styg stadig op, sy hardloop na dit en probeer die deur oopkry, dis gesluit en dit dryf vorentoe! Dit loop al vinniger en jaag weg in die vertes in! Haar verbinding met die buitewêreld afgesny, dit is al voertuig in die basis en niemand kan haar nou help nie ...
Die donkerte kom vinnig en dit word kouer en kouer, sy bewe van die koue en vrees want nou nou sal dit minus een honderd grade wees. Sy bewe begin haar bewussyn verloor en toe … "Tannie Sara, Tannie Sara word wakker word, tannie gaan verkluim!”
Sy ruk van die skrik ... reg voor haar staan ʼn tienerdogter, die mooiste kind met spierwit kleertjies aan. Haar blonde hare met twee poniesterte en diep blou ogies. Sara prewel bewend. “W-w-wie is jy?”
“Dit maak nie nou saak nie, ons moet tannie deur die nag kry, kom!” Die meisie
vat haar twee hande en trek haar op haar voete, toe sweef sy voor haar uit tot
by die sandwal langs die satellietstasie, daar is nou ʼn gat. "Kruip hier
in tannie!”
“Maar wat van jou?”
“Klim in!” en sy stoot Sara tot diep in die gat. Die meisie gaan lê voor die gat en dit sluit alle lig af. Dit word warmer en
Sara kan weer asemhaal. Sy sluimer weer in en val in ʼn diepe slaap. Sy droom
weer van die Vrystaat en Boela wat balle gaan haal wat sy vir hom gooi …
Dit word lig, die gat se opening is wyd oop, daar is niemand nie. “Waar is die
meisie dan?” Voor haar staan die Jeep, die deur is oop en die masjien grom saggies. “Dis ʼn
wonderwerk!”
Sara klim in en trek die deur toe, alles is perfek en die meters wys die rigting en afstand presies reg. Op die paneelbord is ‘n blou koevert. “Wat is dit?” Sy vou dit stadig oop en binne kom die mooi papiertjie, sy lees dit met die trane wat oor haar wange loop: Liewe tannie Sara, onthou altyd, 'Inkosi het die nonnatjie gebêre in Sy arm. Hy het haar met Sy kleed bedek ... Sy voel nie meer die kou. Sy het al haar kleertjies uitgetrek, die Kleinbaas te behou!
Tannie is ʼn wonder mens, my drie vingers wys altyd terug na die verlede en ek
weet wanneer om ander te help. Gaan terug en help hulle soos net tannie kan, my
beste wense, Racheltjie de Beer…’
Erkenning aan AG Visser en Eugene Marais. Spookstorie met vandag ʼn honderd
jaar in die toekoms. Lapetus en Titan is twee van die twee-en-sestig mane van
Saturnus.

Opmerkings
Plaas 'n opmerking